Suid-Afrika se eerste gebaretaal onderwysersprogram is Maandag in Pretoria begin en gaan voornemende gebaretaal onderwysers en hulponderwysers in dowe skole oplei. Dit word gedoen deur die Embury Instituut vir Hoër Onderwys en die Ontwikkelings Instituut vir Dowes en Blindes. Die instellings is dit eens dat hierdie tipe opleiding groot verligting behoort te bring vir die meer as vier miljoen dowe en hardhorende Suid-Afrikaners.