Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sê sy is nie verbaas met die bevindinge van die 2018 Internasionale Onderwys en Opleiding Opname, TALIS nie. Die navorsing is in Mamelodi in die Ooste van Pretoria bekend gemaak. Altesaam 48 lande het aan die opname deelgeneem, insluitend die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koningkryk, Japan en Rusland. Suid-Afrika was die enigste Afrika-land wat aan die opname deelgeneem het. Liela Magnus doen verslag.