Die droogte in die Kalahari het 'n skaapboer gedwing om 'n ander manier te vind om aan die lewe te bly. Hans Knoesen het na drie seisoene se min of geen reên, besluit die trop wilde kamele wat op sy plaas rondhardloop en amok maak, kan 'n bron van inkomste wees. Hy het sy navorsing gedoen en besef dat kameelmelk die antwoord op sy probleme kan wees. Anita Visser het met hom gepraat...