President Donald Trump was die ENIGSTE van die G-20 leiers by die onlangse OSAKA beraad, wat WEIER om hom te verbind tot die stryd teen klimaats verandering. Trouens, by DIE beraad in Japan, was die Amerikaanse president boonop besig om druk te plaas op leiers van Brasilie, Turkye, Australie en SAUDI ARABIE om die Parys ooreenkoms te ignoreer. Dit alles was onder bespreking in Hamburg, Duitsland, van waar professor Francois Engelbrecht, klimaatkundige aan WITS UNIVERSITEIT, die naweek terug gekeer het.