'n Besliste plan om 'n oplossing vir die kwessie van bendegeweld te vind sal na verwagting deur die veiligheidsgroepering van die kabinet bespreek word. Ten minste elf mense is die afgelope naweek in Philippi-Oos vermoor. Twee ander is in Hanover Park op die Kaapse Vlakte dood. Anita Visser het met die DA se woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz, en Lucinda Evans, die voorsitter van die Mitchellsplein gemeenskapspolisiëringsforum gepraat. Maar eers, hierdie verslag van Carmel Loggenberg Roberts.