Die SAUK sal binne die volgende tien dae tussentydse verligting van die regering ontvang, en sal die balans binne 45 dae kry. Dit is deur die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Stella Ndabeni-Abrahams, aangekondig toe sy haar begrotingsrede gedoen het. Die platsak openbare uitsaaier sukkel steeds om 'n regeringswaarborg te kry, wat sal toelaat dat hy geld van kommersiële banke kan leen. Annelu le Roux doen verslag.