Die mense wat hom en sy span te nagekom het, gaan aan die pen ry. So sê die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, generaal Johan Booysen. Booysen en sy eenheid van Cato Manor is sewe jaar gelede aangekla van rampokkery en 'n rits ander aanklagte. Die aanklagte was die gevolg van politieke inmenging. Die aanklagte word vandag teruggetrek en ander word terugverwys vir ondersoek. Dit bring 'n einde aan 'n swaard wat sewe jaar lank oor Booysen se kop gehang het. Hy het in 'n eksklusiewe onderhoud met Izak du Plessis vertel hoe die saak hom en sy gesin emosioneel geraak het.