President Cyril Ramaphosa sê hy gaan dringend die howe nader om die bevindings van die Openbare Beskermer se verslag oor hom, te hersien. Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind dat Ramaphosa die parlement doelbewus mislei en sy uitvoerende etiek geskend het toe hy 'n vraag oor 'n skenking van 500-duisend rand van Bosasa vir sy 2017 presidensiële veldtog, beantwoord het. Sy het ook aanbeveel die president se veldtog moet ondersoek word vir moontlike geldwassery. President Ramaphosa het aanvanklik gesê die geld is aan sy seun betaal vir werk wat hy gedoen het, maar het later gesê dit is sonder sy medewete vir sy presidensiële veldtog geskenk. Liela Magnus doen verslag ....