Ons het vroeër in die program berig oor die Adviespaneel, oor grondhervorming en landbou se aanbevelings, wat pas bekend gemaak is. Agri SA, die DA en die Vryheidsfront Plus, is ongelukkig oor die aanbevelings oor grond-onteiening sonder vergoeding en veral dat Artikel 25 van die Grondwet verander moet word. Die Advies- paneel sê egter daar moet streng gehou word, by die sperdatums vir die inwerking- treding van die aanbevelings, maar dat grond- onteiening op so 'n wyse moet plaasvind, dat dit nie voedsel- sekerheid bedreig nie. Ons praat nou met die president van Agri SA, Dan Kriek....