Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is tevrede met die eerste maand van die belastingseisoen. Die diens sê in 'n verklaring dat meer as 'n miljoen opgawes reeds via elektroniese platforms ingedien is. Teen Maandag is sowat vyf-komma-vyf miljard rand reeds aan belastingbetalers terugbetaal, met 'n gemiddelde wagtyd van net sewe dae. Belastingbetalers kan van vandag af ook by die SAID se takke hulle opgawes indien. Hendrik Martin het met die SAID se uitvoerende hoof vir sake- en individuele belasting, Leon Potgieter, gepraat.