Amnestie Internasionaal het met die #SignTheSmileOff-veldtog begin om druk op die regering uit te oefen om die onderwysstelsel reg te ruk. Die glimlag moet van oud-Eerste Minister Hendrik Verwoerd se gesig gevee word omdat die stelsel swak resultate lewer. Die lede van die veldtog eis dat die Suid-Afrikaanse regering dringend gehalte basiese onderwys aan Suid-Afrikaanse kinders bied soos wat die grondwet vereis. Metzi van der Merwe doen verslag.