'n Video van die Rustenburg Hoërskool wat Bohemian Rhapsody van Queen opvoer, het sosiale media gaande. Die skool het Maandag die video op hulle Facebook-blad gedeel en teen Woensdag is die video al 600 000 keer gekyk. Boonop is die brein agter die inisiatief niemand anders nie as Ralf Schmitt, dieselfde man wat verantwoordelik is vir die Ndlovu jeugkoor se vertonings op America's Got Talent. Monitor het met Schmitt gepraat voor hy op 'n vliegtuig geklim het om 'n advertensie saam met die Ndlovu Jeugkoor in Kaapstad gaan skiet het.