Die burgerregte-organisasie, Afriforum, het gister strafregtelike aanklagtes van korrupsie en geldwassery teen die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, aanhangig gemaak. Die aanklagtes is gegrond op bevindinge van die Openbare Beskermer in 2018 dat 'n sportprodukteverskaffer, Sedgars Sport, Mbalula se gesinsvakansie na Dubai in 2016 gefinansier het. Mbalula was toe die Minister van Sport. Este de Klerk het met die hoof van Afriforum se teen-korrupsie eenheid, Monique Taute, gepraat.