Terug na gister se uitspraak in die Pretoriase Hoog geregshof, waar 'n tussentydse interdik toegestaan is aan President Ramaphosa oor aanbevelings vervat in die Openbare Beskermer se verslag oor skenkings aan sy 2017 verkiesings veldtog. Mkhwebane het vroeër bevind dat Ramaphosa die Parlement DOELBEWUS mislei het. Die aanbevelings in die O.B. se verslag is dus opgeskort, totdat 'n GEREGTELIKE hersiening daaroor afgehandel is. Vir meer daaroor, praat ons nou met dr Piet Croucamp van Noordwes Universiteit se Vaal Driehoek kampus: