Die wolbedryf in Suid-Afrika is tot stilstand geruk, weens volgehoue droogte-toestande, die uitbreek van bek- en klouseer vroeër vanjaar, en China se streng invoermaatreëls vir wol. Dit bepaal dat die wol eers vir 'n paar maande in sekere toestande geberg moet word, voordat dit uitgevoer kan word. Wolprodusente en wol-agente in Suid-Afrika staar nou ernstige kontantvloei-probleme in die gesig. Verskeie nasionale wolveilings is deur wol-agente afgestel weens kontantvloei-kwessies. Die Vrystaatse Landbou-ekonoom, dr Johan Willemse sê boere en uitvoer-agente in die wolbedryf het dringend oorbruggingsfinansiering nodig.