Die afgelope paar weke word daar debat gevoer oor die regering se plan om die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan te implementeer. Die plan beloof om Suid-Afrika se gesondheidsorg fundamenteel te verander. Terwyl argumente ten gunste van die NGV fokus op die ongelykhede in die bestaande stelsel, draai die argumente daarteen om die praktiese aspekte en volhoubaarheid van die implementering. Este de Klerk doen verslag.