Die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering het pas 'n beraad in Toulouse, Frankryk bygewoon, waar die nuutste inligting bspreek is sodat riglyne vir beleid geskep kan word. Professor Francois Engelbrecht van Wits Universiteit se Global Change Institute was daar en is self ook betrokke by die skryf van die dokument, met 'n spesifieke fokus op die implikasies van klimaatsverandering vir Afrika. Anita Visser het met hom gepraat.