By die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA word een uit elke 59 kinders met outisme gediagnoseer. 'n Suid-Afrikaner wat twee outistiese seuns het, Ilana Gerschlowitz, s^e die statistiek in Suid-Afrika stem ooreen met die in Amerika. Sy deel haar reis met outisme in 'n boek "Saving my Sons", wat sy onlangs geskryf het. Tegnologie op 'n Ipad maak dit vir haar oudste seun wat nie kan praat nie moontlik om te kan kommunikeer. Metzi van der Merwe het hierdie verslag saamgestel. (Kyk ook elders op RSG se webblad vir inligting of potgooie oor outisme).