Meer as vyf en veertig duisend besoekers het verlede jaar die eerste Comic Con Africa bygewoon. Dit is so gewild dat hulle vanjaar 'n groter lokaal gekry het om aan die aanvraag te voldoen. Strokiesprent liefhebbers, aanhangers van sogenaamde "pop culture" en superhelde gaan die naweek weer skouers skuur by die gewilde expo. Maar hoekom is die wereld van rekenaarspeletjies, strokiesprente en superhelde nog steeds, so gewild? Ons het met die inhoudsbestuurder van Comic Con Africa, Patrick Duvenage hieroor gepraat....