President Cyril Ramaphosa sê die regering sal 'n nuwe benadering bespreek vir besliste optrede teen geslagsgeweld, tydens 'n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering. Ramaphosa vra onder meer dat meer aandag aan seuns gegee word. 'n Kriminoloog in die Departement van Maatskaplike Werk en Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, prof. Christiaan Bezuidenhout, sê dat albei geslagte dieselfde opvoeding behoort te kry.