Honderde voormalige inwoners van Distrik Ses in Kaapstad was in 'n vrolike luim tydens die amptelike geleentheid waar Kaizersgracht sy oorspronklike naam, Hanoverstraat, teruggekry het. Die geleentheid op Erfenisdag is deel van 'n veldtog wat die kollig plaas op die stadige pas van grondhervorming vir diegene wat, ingevolge destyds se berugte Groepsgebiedewet, kragdadig van die grond af verskuif is. Gustav Greyling doen verslag.