Gister 50 jaar gelede het 'n kragtige aardbewing in die Boland die dorpe Tulbagh, Ceres en Wolseley byna verwoes. Elf mense is dood en talle wonings en historiese geboue is vernietig. Die aardbewing in 1969, wat 6,3 op die Richterskaal gemeet het, het destyds die gemeenskap verbysterd gelaat. Dit is die sterkste aardbewing in menseheugenis wat Suid-Afrika getref het. Este de Klerk het die verslag saamgestel met behulp van argiefmateriaal.....