Verskeie organisasies, soos die Vryheidsfront Plus en die Afrikanerbond het die Menseregtekommissie van vooroordeel in die rassismesaak teen Eben Etzebeth beskuldig. Etzebeth toer op die oomblik saam met die Springbokke in Japan vir die Wereldbekertoernooi. Die Menseregtekommissie het Vrydag 'n klag by die gelykheidshof ingedien na inwoners van Langebaan Etzebeth van rassisme beskuldig het. Anita Visser het met die voorsitter van die MRK, professor Bongani Majola, en ook die hoofsekretaris van die Afrikanerbond, Jan Bosman, gepraat.