Die Sweedse aktivis, Greta Thunberg is vir die Nobel-prys vir Vrede benoem na 'n merkwaardige jaar waarin die 16-jarige tiener se veldtog om skoolkinders te mobiliseer vir omgewings-aktivisme tot wêreldwye prominensie gegroei het. Sy word uit sekere oorde geloof, maar uit ander skerp gekritiseer vir haar reguit boodskappe aan regerings en wêreldleiers om op te tree teen die klimaat-krisis. Este de Klerk het hierdie verslag saamgestel.