Emily Hobhouse, Vera Brittain en Edith Dickenson: drie kampvegters vir vroue-regte met een ding in gemeen - die Anglo-Boereoorlog. Die stryd, wat ook as die Suid-Afrikaanse oorlog bekend staan, het vandag 120 jaar gelede uitgebreek. Terwyl Boeregeneraals soos De Wet en De La Rey tradisioneel as die helde van die oorlog beskou is, voel historici die tyd het nou aangebreek om vroue se rol in die oorlog te gedenk. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig vanuit Bloemfontein..