Tannie Poppie, die land se "Roosterbrood Koningin", is na twee weke terug by die huis en nog meer gemotiveerd as ooit. Sy verkoop roosterbrood langs die N1 by Laingsburg in die Karoo en is onlangs na Italië genooi om haar roosterbrood vir honderde mense by 'n fietsry-geleentheid in Gaiole voor te berei. Carmel Loggenberg Roberts het Tannie Poppie op die lughawe in Kaapstad terugverwelkom.....