Die Dros-verkragter, Nicholas Ninow, is gister lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van 'n 7-jarige meisie verlede jaar. Hy is gister gevonnis nadat die hof die afgelope twee dae getuienis ter versagting en verswaring aangehoor het. Ninow, en sy Ouma, Pauline Gerecke, het by die hof gepleit om hom genadig te wees, maar ook besonderhede onthul van Ninow se kinderdae en die verwaarlosing en seksuele misbruik waaraan hy onderwerp is, en dat hy 'n ander mens is wanneer hy nie dwelms gebruik nie. Este de Klerk het hierdie verslag saamgestel.