INTRO:
Die Onafhanklike Kragverskaffers dra nie by tot Eskom se finansiële krisis nie. So sê die Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch en kenner van hernubare kragbronne, Prof Wikus van Niekerk. Dit volg na die woordvoerder van die vakbond Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, eergister in 'n onderhoud gesê het dat die onafhanklike kragverskaffers Eskom geld kos.