Die Bloodhound supersoniese motor gaan vandag poog om sy hoë snelheidstoets van 8-honderd kilometer per uur op Hakskeenpan in die Noord-Kaap af te lê. Dit word gedoen voor die voertuig volgende jaar sal poog om 'n landspoed-rekord van 1-duisend 6-honderd kilometer op te stel. Die voertuig is amptelik Maandag bekendgestel. Ons Noord-Kaapse korrespondent Reginald Witbooi is op Hakskeenpan en het hierdie verslag saamgesteL.