Die voormalige DA-leier, Mmusi Maimane het gister sy bedanking van die party en uit die Parlement aangekondig, skaars 24-uur nadat hy die tuig as die amptelike opposisie se leier neergelê het. Die verrassende wendings het gekom nadat Helen Zille die naweek as die Voorsitter van die DA se Federale Raad verkies is. Wat voorspel al hierdie wendings vir die DA, en wat voorspel hierdie politieke skommelinge vir die opposisie in Suid-Afrika se politieke landskap? Este de Klerk het die verslag saamgestel.