Die kuberkrakergroep wat hulleself die "Shadow Kill Hackers" noem sê hulle het die persoonlike data wat hulle by die Johannesburgse metro gesteel het, aan 'n derdeparty-maatskappy verkoop. Die groep het vroeer aan Spektrum gese^ hulle het sowat een teratyte se data van die metro se bedieners afgelaai na hulle die rekenaarnetwerk binnegedring het. Anita Visser het met Jacques van Heerden, 'n kuber veiligheidskenner en etiese kraker by die tegnologiemaatskappy, GTSP, gepraat.