INTRO: Die SAUK is in die spervuur, nadat 'n televisie-onderhoud uitgesaai is met die Ma van die veroordeelde verkragter, Nicholas Ninow. Die onderhoud met Chantelle Ninow - waarin sy erken dat sy in die verlede dwelms saam met haar seun gebruik het - het verontwaardiging op sosiale media veroorsaak. Chantelle Ninow is 'n herstellende dwelmverslaafde. Sy het in die onderhoud gesê haar seun, Nicholas, is nie 'n verkragter nie, en dat hy net 'n fout begaan het. Este de Klerk doen verslag.