Verskeie grappies en boodskappe het die week die spot daarmee gedryf dat SPRINGBOKKE en die ENGELSE se titaniese stryd amper met die Anglo-Boereoorlog vergelyk kan word. Die departementshoof van Geskiedenis by die Nasionale Museum in Bloemfontein, Dr Hendrik Snyders stem saam. Hy het vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê dat die konflik belangrike sade van rugbykultuur in Suid-Afrika gesaai het.....