Die N1 by De Doorns in die Hexriviervallei was gedurende die nag vir verkeer gesluit na twee vragmotors gestroop is. Betogers het die pad met bourommel en brandende bande afgesper. Daar was ook voorvalle van klipgooiery. Vragmotorbestuurders het intussen hulle frustrasie op sosiale netwerke uitegespreek en se^ hulle is die teiken van misdaad. Anita Visser het met Willem Geldenhuys, die eienaar van die vervoersaak, WJG Transport and Logistics, gepraat.