INTRO: Ons het verlede week berig oor Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Johannesburg wat besluit het om weg te doen met 'n leerlingraad in die skool. Prefekte, hoof-dogters en hoof-seuns, sal vanaf volgende jaar iets van die verlede wees. Die skoolhoof, Martin Bensch, het aan Monitor gesê daar is verskeie aspekte wat 'n rol gespeel het in die skool se besluit. Die kliniese sielkundige, Dr Johan Liebenberg, wat navorsing gedoen het oor die effek van 'n leierskap sisteem op kinders se ontwikkeling, sê hierdie is eintlik volwasse sisteme wat op kinders gebruik word...