Marinebioloë is bekommerd oor die effek van die smelting van Arktiese ys op die verspreiding van 'n spesifieke virus wat robbe en see-leeus afmaai. Dit spruit uit 'n 15-jaar lange wetenskaplike studie, wat satellietdata behels. Anita Visser het professor Nico de Bruyn, in beheer van Suid-Afrika se marinesoogdierplan op Marion-eiland, gevra of hy sy kollegas se kommer oor 'n moontlike epidemie van see-diere deel.