LAND GIVES US LIFE. SO beskryf een boer in die boek, FOR THE LOVE OF THE LAND, sy sentiment aan Ivor Price en Kobus Louwrens. Een boer, Alfreda Mars wat grond-eise op 36 plase in die Ceres distrik het, sê eenvoudig: "When I retire, I MUST have my own land. Then this hunger of mine will be over." Ander vroue kry ook hul regmatige plek in die pas gepubliseerde boek. Lizemarie de Klerk van ONDERSTEPOORT, kry aandag en dan word daar 'n hoofstuk gewys aan 'n MOSLEM VROUE boer van die Wes-kaap, Wadea Jappie, wat sinies vra: "Its not a big deal, this whole Muslim-woman-farmer-thing - I mean, when has something ever been a BIG DEAL when it comes to women?" By my in die ateljee, om oor FOR THE LOVE OF THE LAND, te praat is kollega, Ivor Price en joernalis, Kobus Louwrens: