As deel van ons reeks oor Intellektuele eiendom en die toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie, word die klem vanoggend op kankerbehandeling geplaas. Suid-Afrika se wetgewing oor die beskerming van intellektuele eiendom, word gewysig om onder meer toegang tot generiese produkte te vergemaklik. Intussen is daar steeds Suid-Afrikaners wat daagliks nie sekere medikasie of behandeling kan bekostig nie, terwyl dit in Indië dieselfde kos as sigarette.