Meervoudige middelweerstandige Tuberkulose skakel pasiënte fisies en emosioneel uit vir jare lank, indien dit nie effektief behandel word nie. Op mediese vlak word daar heelwat vordering gemaak om die impak van die siekte te verminder. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie se riglyne, bepaal nou dat nuwe, mondelinge middels gebruik word, in plaas van ouderwetse inspuitings wat doofheid en blindheid kan veroorsaak. Marlinee Fouche het tydens haar besoek aan Indië, as deel van 'n studiebeurs, met TB-lyers uit verskeie lande oor die vorm van TB gepraat, om te hoor hoe die ou- en nuwe medikasie van mekaar verskil.