Een van die faktore wat deur farmaseutiese maatskappye oorweeg word wanneer nuwe middels bekendgestel word, is gesondheidsfassiliteite se vermoë om die behandeling suksesvol toe te pas en voort te sit. In ons laaste bydrae oor die verhouding tussen die beskerming van intellektuele eiendom, teenoor toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie, het Marlinee Fouche gaan ondersoek instel na die onderstrominge tussen farmaseutiese maatskappye, hulle generiese vennote en regerings...