Restaurant Mosaic in Elandsfontein in Gauteng het kulinêre geskiedenis gemaak toe dit in Parys, Frankryk aangewys is as Afrika, en Suid-Afrika se beste eetplek. Elandsfontein is sowat 18km vanaf Pretoria en 25km vanaf Johannesburg geleë. Die toekenning is deel van die gesogte La Liste (L-EAST) Wêreld Restaurant Toekennings wat vanjaar wenners gekies het uit 'n duisend restaurante wêreldwyd. Restaurent Mosaic se hoofsjef, Chantel Dartnall, is ook as een van die wêreld se 60 beste sjefs vir haar kulinêre kuns vereer. Die restaurant het 'n finale puntetelling van 94% behaal en beklee daarmee 'n 12de plek op die wêreld-ranglys. Este de Klerk het gister met Chantel uit Parys, Frankryk gesels, en haar gevra hoe dit voel om as een van die wêreld se bestes aangewys te word.