Terwyl inwoners van Upington in die Noord-Kaap verlede week in die strate geswem het na swaar reën, het opkomende boere suid-oos van die stad, woordeloos staan en toekyk. Dit het vier jaar terug ordentlik gereën in dorpe soos Vanwyksvlei, Niekerkshoop en Griekwastad naby Carnavorn, en veral opkomende boere trek swaar. Marlinee Fouche berig dat die beroep op meer doeltreffende droogtehulp van die regering daagliks meer stemme by kry.