Verskeie gevestigde boere in die Noord-Kaap, staan op die drumpel om plase wat nou reeds drie tot vier generasies in hulle families floreer het, aan die droogte af te staan. Vir baie van hulle, is dit nie meer 'n nuwe ding om karkaste van vee of wild op hulle plase te kry nie, en selfs al reën dit môre, gaan dit hulle tussen 5 en 7 jaar neem om die punt te bereik waar hulle voor die droogte was. Marlinee Fouche het besoek afgelê aan boere in die omgewing van Griekwastad en Carnavorn.