Matrikulante en hulle ouers hou asem op vir wanneer die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, die matriekuitslae op 7 Januarie bekend maak. Individuele uitslae sal die volgende dag by skole afgehaal kan word. Die fokus val waarskynlik weer op óf die slaagsyfer verbeter het van die 78,2 persent van die vorige jaar. Izak du Plessis het met dr. Francois Naude, 'n benoemde onderwyser en navorsingsvennoot aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Onderwyspraktyknavorsing gepraat.