Ons het Vrydag op Monitor met die entomoloog Prof Erik Holm oor klimaatsverandering gepraat. Die onderhoud het nogal uiteenlopende reaksie ontlok, en ons het die potgooi daarvan op RSG se webblad gesit. Maar ons sit die geprek vanoggend voort. Die omgewingsaktivismegroep Extinction Rebellion sê die afgelope jaar se vreemde weersomstandighede kan met klimaatsverandering verbind word. Mariëtta Kruger het met Andre Clements, 'n lid van Extinction Rebellion, gepraat.