Matrieks kry vandag hulle uitslae by die skole waar hulle geskryf het. Die Onafhanklike Eksamenraad het intussen gister reeds die matriekuitslae van privaatskole bekendgemaak. Die 2019-slaagsyfer is 98,82%, en het effens gedaal. Amper 12-duisend voltydse en 779 deeltydse kandidate het die eksamen geskryf, en al die kandidate se slaagsyfers voldoen aan die vereistes om verder te kan studeer. Dr. Francois Naude, 'n benoemde onderwyser en navorsingsvennoot aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Onderwyspraktyknavorsing deel sy gedagtes oor die uitslae.