Die brande in Australie woed steeds onverpoos voort. Die veldbrande brand tans oor 'n gebied van 300 000 hektaar en droe en warm weerstoestande maak die bestryding daarvan byna onmoontlik. Angeline Mulder is 'n oud Suid-Afrikaner en sy en haar gesin moes voor die brande uitvlug voor dit die plaas waarop hulle woon en werk verswelg het. Angeline het vanuit Australie met Monitor oor die vreesaanjaende ervaring gepraat.