Die Wet op Vlugtelinge van 2008 het op 1 Januarie in werking getree. Dit stel strenger vereistes aan vlugtelinge wat asiel in Suid-Afrika soek. Dit sluit in 'n verbod op deelname aan politieke aktiwiteite, beperkings op die werk wat hulle hier mag doen, en dat hulle hulle status as vlugtelinge kan verloor indien hulle selfs net 'n ambassade van hulle land van oorsprong sou besoek. 'n Strafregkenner by die Universiteit van Pretoria, Llewellyn Curlewis, twyfel egter of die wysigings aan die Wet op Vlugtelinge wat van 1 Januarie geldig is, werklik 'n verskil gaan maak. Metzi van der Merwe het met hom gepraat.