Op 'n lys van inspirerende aanhalings vir mense met spesiale behoeftes, is hierdie een van Noel Helm: Being disabled does not mean Un-abled, just Different-Abled. Dit is hoe Willemien du Toit sê sy grootgemaak is. Sy het eers op die rype ouderdom van 36 by 'n Britse Universiteit gehoor dat sy nie daar kan studeer nie, omdat sy ernstige spesiale behoeftes het - 'n vorm van disleksie. Dit is egter 'n diagnose wat sy op sy kop gedraai het. Mètzi van der Merwe doen verslag.