'n Legende Museum vir kunstenaars open binnekort sy deure in Pretoria. Die idee kom van Shaun Mynhardt, nadat hy ná sy oom se dood 'n tas met toekennings gekry het. Sy oom was die veteraan akteur Siegfried Mynhard, en die gedagte was om 'n plek te kry waar akteurs, skrywers, musikante en joernaliste wat vir veertig jaar 'n rol in die velde gespeel het, te vereer. Maar daar was egter ook bekendes wat genader is, wat nie in die museum vereer wou word nie. Volgens Shaun Mynhardt open die museum aan die einde van Januarie, en sal besoekers vrywillige donasies gevra word.